Foto’s: Durbanse ongeluk eis ʼn lewe, beseer 16

Foto’s: Netcare 911

ʼn Sesjarige meisie is dood en 16 mense beseer nadat ʼn bus en ʼn minibustaxi Vrydagmiddag in Durban gebots het.

Volgens Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het die ongeluk by ʼn kruising in Inandaweg plaasgevind. Dit is nog nie bekend hoe die ongeluk plaasgevind het nie.

Paramedici van verskeie nooddienste en die brandweer is na die toneel ontbied. “Sommige mense was nog in die verfrommelde wrak van die taxi vasgekeer. Paramedici moes op die wrak klim om die pasiënte te behandel terwyl brandweerbeamptes hulle uit die wrak gesny het,” het Botha gesê.

Die sesjarige is op die toneel dood verklaar. Agt mense, waaronder ʼn skoolmeisie, is kritiek beseer. Sy is met ʼn helikopter na die Nkosi Albert Luthuli-hospitaal geneem. Die ander beseerdes is met verskeie ambulanse na omliggende hospitale geneem vir verdere behandeling.

Die polisie ondersoek die oorsaak van die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.