Foto’s: E-tolwinkels stil

Maponya-winkelsentrum in Soweto. Foto: SAPA

Maponya-winkelsentrum in Soweto. Foto: SAPA

SAPA het Woensdag by verskeie e-tolwinkels regoor Gauteng foto’s gaan neem en dit was oral relatief stil. Die e-tolwinkels is  in winkelsentrums regoor die provinsie opgerig.

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) het Woensdag gesê hulle kan nog nie presies bepaal hoeveel e-tolskyfies reeds verkoop is nie. “Ons het nog nie die syfers bymekaar getel nie, maar ons behoort dit voor die einde van die week te hê,” het Vusi Mona, Sanral se woordvoerder, gesê.

Die nuusagentskap SAPA het by Sanral navraag gedoen oor hoeveel motoriste, regeringsdepartemente en maatskappye reeds e-tolskyfies aangeskaf het. “Volgens bewyse tot ons beskikking het die hoeveelheid mense wat ons winkels besoek om vir e-tol te registreer, toegeneem,” het Mona gesê.

Die Quagga-winkelsentrum in die weste van Pretoria. Foto: SAPA

Die Quagga-winkelsentrum in die weste van Pretoria. Foto: SAPA

Dipou Peters, die minister van vervoer, het verlede week aangekondig dat die e-tolstelsel op 3 Desember in werking gestel gaan word. Verskeie organisasies, vakbonde en politieke partye het hul misnoeë hieroor uitgespreek. Sanral het ook vroeër motoriste versoek om vroegtydig e-tolskyfies aan te skaf en vir e-tol te registreer om die stormloop van mense wat ter elfder ure wil registreer, te vermy. Hulle het motoriste ook gewaarsku dat, indien hulle nie vir e-tol registreer nie, hulle aansienlik meer vir e-tol gaan betaal.

Lees ook:
Sanral is “desperaat vir entoesiasme” – Outa
Sanral weet nog nie hoeveel e-tolskyfies verkoop is nie
E-tol-wanbetalers gaan duur betaal – Sanral

Die Bonaero-winkelsentrum in Kempton Park.

Die Bonaero-winkelsentrum in Kempton Park.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Tim ·

….maar hy gaan jou omskop as jy die heeltyd sy gesig daar indruk en hom dryg om te drink van die besoedelde water.

Jasper ·

Hulle volgende stap is n gelukkige nommer trekking om mense aan te spoor. hou hierdie spasie dop.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.