Foto’s: Egte Jurassic Park-hok te koop

Foto: Theme Park Connection

Foto: Theme Park Connection

Die egte velociraptor-hok wat in die 1993-rolprent, Jurassic Park, te sien was, word nou op eBay verkoop.

Die hok was in die openingstoneel van die rolprent te sien (ʼn video van die openingstoneel volg onderaan die berig). Die prys staan tans op $100 100.10 (net meer as R1.1 miljoen), maar daar is nog sewe dae oor in dié veiling. Die hok weeg ongeveer 450 kg en die koper sal dit van Los Angeles moet vervoer.

Die verkoper is Theme Park Connection. Klik hier om die veiling op eBay te sien.

Die openingstoneel volg onderaan die foto.

Foto: Theme Park Connection

Foto: Theme Park Connection

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.