Foto’s: “Ek het my plakkies sien verbydryf,” sê armblanke ná Kaap-vloede

Nico Casaleggio wys tot waar die water tydens die vloed opgestoot het

Nico Casaleggio wys tot waar die water tydens die vloed opgestoot het

Sunette Bridges, stigter van die Boervrouliga, het Donderdag en Vrydag inwoners van die Kays-karavaanpark in die Strand in Kaapstad besoek nadat verlede week se Kaap-vloede grootskaalse skade aangerig het. Bykans 80 houthuise in die karavaanpark is beskadig, en die nagenoeg 300 inwoners se besittings is deur die rivier weggespoel. Baie van dié huise is op die 20 jaar-vloedlyn gebou.

Die inwoners spook sedert verlede naweek om weer die park leefbaar te maak en moet allerlei planne maak vir tydelike slaapplek: sommige slaap in motors, terwyl ander by familie of vriende oornag.

Die groep hulpwerkers van die Boervrouliga is begroet deur ‘n toneel van vuil matte en besittings, modder en hope opdrifsels. “Ek vlieg spesiaal van Pretoria af om vir julle te kom kuier,  en kyk hoe lyk dit – dis so vuil!” het ‘n aangedane Bridges geskerts.

Solidariteit Helpende Hand in die Wes-Kaap sorg dat die inwoners genoeg kos het in die tyd wat die inwoners spook om die kamp weer leefbaar te maak, terwyl nagenoeg 15 jeugdige vrywilligers van die Helderberg Family Fellowship elke dag sedert die vloed help met opruimwerk en algemene bedieningswerk in die oord.  Die Boerevroueliga gaan hulle beywer om vir die inwoners onder meer oonde en yskaste aan te skaf.

“Dit het so vinnig gebeur. Ek was in die oord se kafee toe ek buitentoe kyk en sien hoe my plakkies in die straat voor my verbydryf,” het Alet John, ‘n inwoner, gesê. “Ons moes gryp wat ons kon en ons blyplekke ontruim.”

“Hierdie was ons vierde vloed, so ons ken al die ‘drill’, maar die was die eerste een wat ons só onverwags getref het,” het John, wat al 12 jaar daar bly, gesê.

Die nood in die oord is groot en die publiek het reeds bygedra deur klere en kos te skenk. Meubels, yskaste, oonde en beddens is steeds ‘n groot tekort.

“Ons wil graag die huise wat die ergste beskadig is, op stelte herbou as ‘n tydelike maatreël. Ons wil egter eers die nodige kundiges raadpleeg om seker te maak ‘n volgende vloed veroorsaak nie dieselfde tipe skade nie,” het Bridges gesê.

Vir die dag van haar besoek het Bridges vir die inwoners van die oord ʼn braai gereël, waartydens sy ernstig met hulle oor hul omstandighede gepraat het. Sy het hulle gemaan om ‘n daadwerklike bydrae tot die gemeenskap te maak en nie net op aalmoese staat te maak nie. Sy het ook die inwoners aangemoedig om hul huurgeld te betaal sodat die eienaar in staat kan wees om die park in stand te hou.

Die Boervrouliga beplan om volgende jaar ʼn plaas te koop en ʼn kibboets-stelsel daar in werking te stel. Persone sal verblyf kry op voorwaarde dat hulle moet help met die verbouing van groente, vrugte en ander boerdery-inisiatiewe. Die opbrengs van sulke produkte sal gebruik word om enersyds die gemeenskap mee te voed, en andersyds ‘n inkomste vir die inwoners te genereer.

“Ons plan is nie om mense in plakkerskampe te onderhou nie, maar juis om hulle daar uit te kry,” Bridges gesê.

[ngg_images gallery_ids=”156″ display_type=”photocrati-nextgen_basic_thumbnails” number_of_columns=”4″ gallery_width=”600″ gallery_height=”400″]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Elize Mans ·

Ja dit is wonderlik dat daar sulke Afrikaners is wat uitreik na ander.As ek vandag in die bevooregte posissie was,sal ek ook wil by gedra het,maar dit is nie vir my beskore nie.Ek sal graag by die vroue Liga wil aansluit.
Ek is 72 jaar,en sal graag wil help.Dankie Sunette wat jy doen.

Deana ·

Eliza kontak Sunette op haar FB blad.

Van my kant ook, Sunette is ‘n staatmaker in elke opsig, en soveel dankie’s aan die persone wat gehelp het.

Rondom Lelik ·

Ek kritiseer nie maar waarom na vier oorstromings weer op dieselfde plek bou. Dit gaan baie plekke so. Elke jaar dieselfde storie.

Deana ·

Rondom, ek plaas vir jou ‘n stukkie aangehaal deur Sunette.

Die Boervrouliga beplan om volgende jaar
ʼn plaas te koop en ʼn kibboets-stelsel daar
in werking te stel. Persone sal verblyf kry
op voorwaarde dat hulle moet help met
die verbouing van groente, vrugte en
ander boerdery-inisiatiewe. Die opbrengs
van sulke produkte sal gebruik word om
enersyds die gemeenskap mee te voed, en
andersyds ‘n inkomste vir die inwoners te
genereer.
“Ons plan is nie om mense in
plakkerskampe te onderhou nie, maar juis
om hulle daar uit te kry

Rondom Lelik ·

Sunette doen vrou alleen meer vir die Blankes as enige organisasie of regeringsinstellings droom om te doen. Sy moet deur almal ondersteun word.

Demokraat ·

Die tyd is mos lankal reeds meer as ryp dat elkeen maar na sy eie mense sal omsien want die Staat het nie die middelle of mannekrag om dit te doen nie. Sluit dus by ‘n organisasie aan wat hom beywer vir hierdie soort van welsynswerk.

Die gedagte van die Boervrouliga om grond aan te skaf waar die beginsel van werk vir kos toegepas sal word, is natuurlik uitstekend en moet ondersteun word.

Rondom Lelik ·

Sunette, vrou alleen doen vir die Blanke meer as enige organisasie of regering instelling.

Max ·

Ja wat Willem ek glo nie mense weet wat dit behels om president van ‘n land te wees nie, Sunette doen goeie werk maar ver van ‘n president af, en indien julle nie weet nie daar is vrouens wat baie meer doen as Sunette, maar dit stil en blymoedig doen.

Elaine ·

Max, Sunette doen baie dinge stil en blymoedig. Sunette se hart is op die regte plek.

Karel ·

Rondom lelik daar is nie ander plekke beskikbaar nie,dink aan krag,riool ens…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.