Foto’s en video: Red Bull gee jou vlerke

Span Bulls Eye tydens die Red Bull Flugtag-geleentheid Foto: Red Bull

Foto’s en video volg onderaan die berig

Die reëls van Red Bull se ‘flugtag’ is eenvoudig: deelnemers moet ‘n mensgedrewe vaartuig bou en dit van ‘n ses meterhoë platform af laat vlieg.

Sowat 41 spanne van Suid-Afrika het Sondag aan dié prettige geleentheid by die V&A Waterfront in Kaapstad deelgeneem. Meeste van die spanne was egter uiters onsuksesvol. Daar was onder andere ‘n rissievormige vaartuig, ‘n helderpers wurm en ‘n reuse plakkie wat gepoog het om te vlieg. Die span, Tiger Moth, het ‘n stroombelynde swart en oranje vaartuig gebou. Op die vraag waarom hulle aan die geleentheid deelneem, het dié span van vier, gelei deur Craig McLeod, gesê: “Dit is vet pret en het met vlieg te doen.” Die span het sowat twee maande lank aan die vaartuig gebou.

Die span, Team Bullseye, met vlieënier Jake Manten, het met ‘n vlug van 17.8m met die louere weggestap.

[nggallery id=99]

http://youtu.be/hVmZbWTQ7gk

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.