Foto’s en video: St Francis-brand onder beheer

Die verwoestende vuur wat Sondag minstens 100 huise in St Francis vernietig het.

Die brand wat Sondagaand meer as 100 huise in St Francisbaai verwoes het, is onder beheer, het die Kouga-munisipaliteit Sondagnag omstreeks middernag gesê.

“Die brand is nou halfpad geblus, en dit hou nie meer onmiddellike bedreiging vir ander huise in nie. Ons het nog nie ‘n finale hoeveelheid nie, maar daar het beslis meer as 100 huise afgebrand,” het Laura-Leigh Randall, woordvoerder van die munisipaliteit, net voor middernag in ‘n SMS gesê.

Maroela Media het vroeër berig dat brandbestryders vir ure geveg het om die verwoestende brand, wat deur ‘n sterk westelike wind aangehelp is, onder beheer te kry. Tien brandweerwaens het aanvanklik die brand probeer blus, en nog waens is later van die Nelson Mandelabaai- en Koukamma-munisipaliteite ontbied. “Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie maar dit het omstreeks 17:30 by Royal Wharf Developments, wat hoofsaaklik meenthuise is, ontstaan,” het Randall gesê.

Die meeste van die huise in die area is vakansiehuise.

Foto: Twitter


Foto: Twitter


ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.