Foto’s en video’s: Blom slegs vir ‘n paar uur te sien

Die reuse aronskelk (Amorphophallus titanum), wat ook as die lyksblom bekend staan, blom tans by die Botaniese Tuin in Amerika.

Die blom sal slegs tussen 24 en 48 uur lank blom en dan vinnig verwelk.

Die wonder van die reuse aronskelk is sy grootte: die blom het moontlik die grootste onvertakte bloeisel in die plantryk. Die onwelriekende geur, wat met die reuk van verrotte vlees vergelyk word, is op sy sterkste in die aand en vroeg in die oggend.

Die bloeitydperk van die blom is onvoorspelbaar en dit kan tot ʼn jaar of ʼn paar dekades duur voordat die blom weer bloei. Die plant benodig baie spesiale toestande, insluitend warm dag- en nagtemperature en hoë humiditeitsvlakke. Die Botaniese Tuin is dus ideaal om dié vreemde plant buite sy natuurlike habitat te kweek.

Die plant kom natuurlik in die tropiese reënwoude van Sumatra en Indonesië voor en is vir die eerste keer in 1878 ontdek. Die laaste keer wat ʼn reuse aronskelk by die Botaniese Tuin geblom het, was in 2007.

‘n Regstreekse video van die blom se bloeitydperk en ‘n video van die volledige tydsverloop van die bloeitydperk van die blom volg onderaan die foto’s.
[nggallery id=144]

Video streaming by Ustream

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.