Foto’s en wenners: 71ste Golden Globe-toekennings

Leonardo DiCaprio in die rolprent "The Wolf of Wall Street"

Leonardo DiCaprio in die rolprent “The Wolf of Wall Street”

Foto’s volg onderaan die berig. Die 71ste Golden Globe-toekennings is Sondagaand in Beverly Hills tydens ʼn glansgeleentheid uitgeloof.

Die Golden Globes word deur die Hollywood buitelandse persvereniging (HFPA) aangewys, ʼn groep van 90 vermaakverslaggewers wat in Los Angeles gebaseer is.

Alhoewel die smaak van die HFPA gewoonlik verskil van die beoordelaars wat die Oscar-toekennings aanwys, kry wenners van die Golden Globes gewoonlik ʼn hupstoot by die Academy Awards.

Die Oscar-nominasies word op 16 Januarie aangekondig en die wenners word op 2 Maart aangewys.

Die rolprent 12 Years a Slave is as die beste rolprent aangewys en hy het rolprente soos Captain Phillips, Gravity en Rush uitgestof. American Hustle het in die musiekblyspel/komedie-afdeling die toekenning voor The Wolf of Wall Street opgeraap.

Klik hier om te sien wie in die onderskeie kategorieë genomineer is.
Hiermee die lys van die Golden Globe-wenners:

Rolprente:

Beste rolprent (drama): 12 Years A Slave
Beste rolprent (musiekblyspel of komedie): American Hustle
Beste regisseur: Alfonso Cuaron (Gravity)
Beste akteur (drama): Matthew McConaughey (Dallas Buyers Club)
Beste akteur (musiekblyspel of komedie): Leonardo DiCaprio (The Wolf of Wall Street)
Beste aktrise (drama): Cate Blanchett (Blue Jasmine)
Beste aktrise (musiekblyspel of komedie): Amy Adams (American Hustle)
Beste akteur in ʼn ondersteunende rol: Jared Leto (Dallas Buyers Club)
Beste aktrise in ʼn ondersteunende rol: Jennifer Lawrence (American Hustle)
Beste draaiboek: Her (Spike Jonze)
Beste oorspronklike klankbaan: Alex Ebert (All is Lost)
Beste oorspronklike lied: Ordinary Love (Mandela: Long Walk to Freedom) Bono, The Edge, Adam Clayton, Larry Mullen, Brian Burton
Beste anderstalige rolprent: The Great Beauty (Italië)
Beste animasie-rolprent: Frozen

Televisie:

Beste TV-reeks (drama): Breaking Bad
Beste TV-reeks (komedie): Brooklyn Nine-Nine
Beste minireeks of rolprent vir die televisie vervaardig: Behind the Candelabra
Beste akteur (drama): Bryan Cranston (Breaking Bad)
Beste aktrise (drama): Robin Wright (House of Cards)
Beste akteur (komedie): Andy Samberg (Brooklyn Nine-Nine)
Beste aktrise (komedie): Amy Poehler (Parks and Recreation)
Beste akteur (minireeks of rolprent vir die televisie): Michael Douglas (Behind the Candelabra)
Beste aktrise (minireeks of rolprent vir die televisie): Elisabeth Moss (Top of the Lake)
Beste manlike byspeler (minireeks of rolprent vir die televisie): Jon Voight (Ray Donovan)
Beste vroulike byspeler (minireeks of rolprent vir die televisie): Jacqueline Bisset (Dancing on the Edge)

[ngg_images gallery_ids=”164″ display_type=”photocrati-nextgen_basic_thumbnails” number_of_columns=”4″ gallery_width=”600″ gallery_height=”400″]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.