Foto’s: Erge haelstorm tref Secunda

Haelstorm in Secunda

Haelstorm in Secunda

Die foto’s volg onderaan die berig. ‘n Leser het foto’s van die haelstorm wat Secunda, Mpumalanga, Maandag 28 Oktober 2013 getref het, vir Maroela Media aangestuur.

Die hele land kan vir die res van die week reënweer verwag, het Weather SA Dinsdag gesê.

“Laedrukweersomstandighede wat Suid-Afrika Woensdag nader sal geïsoleerde en wydverspreide donderstorms oor die suidelike en suid-westelike streek veroorsaak,” het Jan Vermeulen, weervoorspeller, gesê. “Verdere donderstorms word ook oor die noordelike en oostelike streke verwag.”

Temperature behoort van Woensdag af oor die westelike en suidelike gedeeltes van die land te daal. Die sentrale deel van die land behoort van Donderdag af koeler weer te ervaar

“Reëntoestande sal na verwagting Vrydag in Gauteng en die Vrystaat opklaar, terwyl die noordelike en oostelike gedeeltes van die land nog tot Sondag reën te wagte kan wees,” het Vermeulen bygevoeg.

Het jy ook foto’s? Stuur gerus na [email protected]

Klik telkens op die foto om ‘n groter weergawe daarvan te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

vanessa ·

Dit was so Vinnig en soveel skade. Ons is net dankbaar geen ernstige beserings nie. Net baie skade in ons dorp. Veral nuwe mall en baie mense se huise. Self van ons kleuterskole was onderwater

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.