ʼn Man in sy 20s is dood nadat ʼn voertuig hom Woensdagoggend in Carletonville se middedorp raakgery het.
Volgens Luyanda Majija, ʼn woordvoerder van ER24, wou die man die besige Adastraat oorsteek toe die voertuig hom getref het. Sy sê dié straat is die tweede besigste straat in die omgewing.
“Paramedici het die man op die toneel dood verklaar. Hy is vermoedelik dood weens ernstige inwendige beserings,” het sy gesê. Die bestuurder van die voertuig is nie beseer nie, maar is na die Carltonville-hospitaal geneem waar hy vir skok behandel word.
Die polisie ondersoek die voorval.