Foto’s: Fietsryer in Carletonville doodgery

Die slagoffer se fiets. Foto: ER24

Die slagoffer se fiets. Foto: ER24

ʼn Man in sy 20s is dood nadat ʼn voertuig hom Woensdagoggend in Carletonville se middedorp raakgery het.

Volgens Luyanda Majija, ʼn woordvoerder van ER24, wou die man die besige Adastraat oorsteek toe die voertuig hom getref het. Sy sê dié straat is die tweede besigste straat in die omgewing.

“Paramedici het die man op die toneel dood verklaar. Hy is vermoedelik dood weens ernstige inwendige beserings,” het sy gesê. Die bestuurder van die voertuig is nie beseer nie, maar is na die Carltonville-hospitaal geneem waar hy vir skok behandel word.

Die polisie ondersoek die voorval.

Die voertuig wat in die ongeluk betrokke was. Foto: ER24

Die voertuig wat in die ongeluk betrokke was. Foto: ER24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.