Foto’s: Ford jammer oor vrouegeweld-advertensies

Silvio Berlusconi met die drie vroue agterin

Ford het Maandag om verskoning gevra vir ‘n reeks Indiese advertensies waar ‘n bekende persoonlikheid in ‘n motor wegry met vroue wat agterin die kattebak vasgebind en se monde toegeplak is.

‘n Woordvoerder vir die Indiese filiaal van Ford Motor Company, het gesê die advertensies is die produk van ‘n agentskap wat vir hulle gewerk het, en is nooit in ‘n veldtog gebruik nie. Die advertensies is intussen van die agentskap se webwerf verwyder.

In die een advertensie sit die voormalige eerste minister van Italië, Silvio Berlusconi, in die bestuurdersitplek van ‘n Ford Figo en wuif ‘n oorwinningsteken oor sy skouer. Die byskrif lees: “Laat jou sorge agter met Figo se ekstragroot kattebak”. In nog ‘n advertensie (sien onderaan berig) is Paris Hilton in die bestuurdersitplek en die drie Kardashian-sussies, Kim, Khloe and Kourtney agterin die kattebak, ook vasgebind en hul monde toegeplak. In ‘n derde advertensie (sien onderaan berig) is die Formule 1-renjaer, Michael Scumacher in die bestuurdersitplek met sy drie mede-renjaers, Sebastian Vettel, Lewis Hamilton en Fernando Alonso agterin die kattebak, vasgebind en hul monde toegeplak.

Die maatskappy sê hy het “baie berou” oor die voorval en dat die advertensie “teenstrydig is met die standaarde van professionalisme en ordentlikheid binne Ford”. Die advertensie is nooit deur beamptes van die maatskappy goedgekeur nie. “Saam met ons vennote hersien ons die goedkeuring- en oorsigprosesse om seker te maak dat só iets nooit weer gebeur nie,” het Ford gesê.

Daar was al talle openbare betogings teen geweld teen vroue in Indië en versoeke word gerig dat swaarder strawwe ingestel moet word sedert die noodlottige bendeverkragting van ‘n 23-jarige vrou op ‘n bewegende bus in Desember.

Paris Hilton met die drie Kardashian-sussies agterin

Michael Scumacher met sy drie mede-renjaers, Sebastian Vettel, Lewis Hamilton en Fernando Alonso agterin

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.