Nog ‘n foto volg onderaan die berig. Sampie Eckman (60) en sy seun Harold (38) van Meyerton in Gauteng is Donderdag gered nadat hul boot by New Mouth in Richardsbaai omgeslaan het, het die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) gesê.
“Reddingswerkers van NSRI Richardsbaai is Donderdagoggend omstreeks 07:30 ontplooi na berigte van ʼn boot wat in die golwe omgeslaan het,” het Craig Lambinon, woordvoerder van die NSRI, in ʼn verklaring gesê. “Altwee mans kon sonder bystand die kuslyn haal nadat hul boot Scorpion omgeslaan het.”
Sampie het kneusplekke en ʼn snyplek aan sy oor en arm opgedoen. Hy het moontlik ook ʼn paar ribbes gekraak. Hy het ook ʼn bestaande rugbesering wat moontlik in die voorval vererger is. “Hy is deur paramedici van die NSRI behandel en hy en sy seun is na ʼn hospitaal geneem.”
Hul boot is ook uitgehaal.
Mens kan net dankie se dat pa en seun veilig is !
Ook baie dankie aan elke reddingswerker, nie net in die geval nie, maar ook waar ander moontlike verdrinkings kon plaasvind en die wat reeds verdrink het – julle bystand word opreg waardeer.
Moet jou branders kan reg lees,en hulle nie van verkeerdekant bekruip nie!