Foto’s: Gautengers veilig ná boot omslaan

Jaco van der Walt van die NSRI maak die lyn vas aan die skiboot Foto: Brynn Gericke

Jaco van der Walt van die NSRI maak die lyn vas aan die skiboot Foto: Brynn Gericke

Nog ‘n foto volg onderaan die berig. Sampie Eckman (60) en sy seun Harold (38) van Meyerton in Gauteng is Donderdag gered nadat hul boot by New Mouth in Richardsbaai omgeslaan het, het die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) gesê.

“Reddingswerkers van NSRI Richardsbaai is Donderdagoggend omstreeks 07:30 ontplooi na berigte van ʼn boot wat in die golwe omgeslaan het,” het Craig Lambinon, woordvoerder van die NSRI, in ʼn verklaring gesê. “Altwee mans kon sonder bystand die kuslyn haal nadat hul boot Scorpion omgeslaan het.”

Sampie het kneusplekke en ʼn snyplek aan sy oor en arm opgedoen. Hy het moontlik ook ʼn paar ribbes gekraak. Hy het ook ʼn bestaande rugbesering wat moontlik in die voorval vererger is. “Hy is deur paramedici van die NSRI behandel en hy en sy seun is na ʼn hospitaal geneem.”

Hul boot is ook uitgehaal.

Die NSRI se Spirit of Richards Bay laai die skiboot op haar sleepwaentjie Foto: Brynn Gericke

Die NSRI se Spirit of Richards Bay laai die skiboot op haar sleepwaentjie Foto: Brynn Gericke

Jaco van der Walt van die NSRI maak die lyn vas aan die skiboot Foto: Brynn Gericke

Jaco van der Walt van die NSRI maak die lyn vas aan die skiboot Foto: Brynn Gericke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Ria Maritz ·

Mens kan net dankie se dat pa en seun veilig is !

Ook baie dankie aan elke reddingswerker, nie net in die geval nie, maar ook waar ander moontlike verdrinkings kon plaasvind en die wat reeds verdrink het – julle bystand word opreg waardeer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.