ʼn Vyfverdieping-gebou met talle mense binne-in, het Vrydagoggend teen dagbreek in Indië se stad, Mumbai, ineengestort.
‘n Skare het ná die voorval rondom die puin van die gebou, wat heeltemal platgeval het, begin saamdrom om te help soek na oorlewendes. Die gehou is in die ooste van die stad geleë en behoort aan die stad se administratiewe liggaam, die Brihanmumbai Municipal Corporation.
“My seun is daar binne. Ek wag dat hulle hom uitkry,” het ʼn ontstelde 62-jarige afgetrede vrou, Mithi Solakani, op die toneel gesê.
Na beraming het tussen 40 en 60 mense in die gebou gebly. Die plaaslike polisie vermoed dat tussen 20 en 24 mense in die puin vasgekeer is. Tot dusver is sewe mense lewendig gevind en bevry.
Vyf geboue het in die afgelope paar maande in of rondom Mumbai ingeengestort, een van die geboue het in April ineengestort en die lewens van 74 mense geëis.
– SAPA/AFP
Meskien die nagevolge van n aardbewing, of is dit, hol argitek hol ??
Swak stuktuur en oud…
Afskeepwerk agter geld aan, net soos met die HOP huise in S.A. deur gewenlose kontrakteurs.