Foto’s: Gebou stort ineen; talle vasgekeer

Foto: AFP

Foto: AFP

ʼn Vyfverdieping-gebou met talle mense binne-in, het Vrydagoggend teen dagbreek in Indië se stad, Mumbai, ineengestort.

‘n Skare het ná die voorval rondom die puin van die gebou, wat heeltemal platgeval het, begin saamdrom om te help soek na oorlewendes. Die gehou is in die ooste van die stad geleë en behoort aan die stad se administratiewe liggaam, die Brihanmumbai Municipal Corporation.

“My seun is daar binne. Ek wag dat hulle hom uitkry,” het ʼn ontstelde 62-jarige afgetrede vrou, Mithi Solakani, op die toneel gesê.

Na beraming het tussen 40 en 60 mense in die gebou gebly. Die plaaslike polisie vermoed dat tussen 20 en 24 mense in die puin vasgekeer is. Tot dusver is sewe mense lewendig gevind en bevry.

Vyf geboue het in die afgelope paar maande in of rondom Mumbai  ingeengestort, een van die geboue het in April ineengestort en die lewens  van 74 mense geëis.

– SAPA/AFP

Foto: BBC/Twitter

Foto: BBC/Twitter

Foto: AFP
Foto: AFP

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Vas Vat ·

Meskien die nagevolge van n aardbewing, of is dit, hol argitek hol ??

Jasper ·

Afskeepwerk agter geld aan, net soos met die HOP huise in S.A. deur gewenlose kontrakteurs.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.