Nog ‘n foto volg onderaan die berig. ‘n Egpaar en hul nege maande oue baba is Maandagoggend in Brits in Noordwes dood toe hul motor teen ‘n vragmotor gebots het.
“Die ongeluk het op die R556 ongeveer 10km buite Barseba, in die rigting van Sun City plaasgevind,” het Vanessa Jackson, woordvoerder van ER24 gesê. “Paramedici is na die toneel ontbied, maar die jong familie is op slag dood.”
Een van die insittendes van die vragmotor is ernstig beseer en hy is met ‘n helikopter na Dr. George Mukari-hospitaal geneem.
Die bestuurder en die ander passasier in die vragmotor het ligte beserings opgedoen.
Plaaslike owerhede ondersoek die oorsaak van die ongeluk.
Goeie hemel, dis erg.
As dit nie taxi’s is nie, is dit vragmotors …
Shame dit is erg
Dink net vir een oomblik wat die spoed van die voertuig was om n vragmotor in twee te laat breek onskuldige mense wat hulle lewe verloor het.
Wat is dit in die laaste tyd met hierdie verskriklike ongelukke?
Dit is tragies, sterkte aan familie.
Dis baie tragies. My hart gaan uit na die familie van daardie gesin.
Ag kom ons hoop dat dit vinnig genoeg was dat die arme mense nie besef het wat gebeur nie! My hart bloei vir die ou babatjie!!!! Sterkte familie! Dis verskriklik
Maroela Media = Naspers ?
Opskrif: “Foto’s: Gesin sterf tragies in Brits-ongeluk” sensasioneel of wat?