Foto’s: Gesteelde honde gered

een hond wat gered is ewnDie Nasionale Dierewelsyntaakspan het Donderdag  ʼn lid van ʼn vermeende hondegevegtesindikaat in hegtenis geneem wat verskeie gesteelde honde in kratte in ʼn vragmotor vervoer het.

EWN berig die vragmotor is deur die taakspan en polisie op die N1-snelweg naby die Stellenbosch-afrit gestop en deursoek.

Mariette Hopley, van die taakspan, het die honde, waarvan die meeste staffies is, na ʼn plek van veilige bewaring geneem. Hulle hoop dat die honde gou met hul eienaars herenig kan word.

Daar word vermoed dat ʼn vragmotor onderweg is na Namibië met nog gesteelde honde op. Die taakspan probeer om die vragmotor op te spoor.

In 2012 is meer as 120 000 honde in Suid-Afrika gesteel. Die honde word gesteel en na Angola geneem waar hulle in hondegevegte gebruik word.

Van die kratte waarin die honde vervoer is. Foto: EWN

Van die kratte waarin die honde vervoer is. Foto: EWN

 

In November is ʼn groot hondegevegtesindikaat in Brakpan in die Oos-Rand oopgevlek. Die polisie het 18 mense in hegtenis geneem tydens ʼn klopjag in Tsakane nadat hulle  ʼn wenk van die publiek ontvang het.

Bron: EWN

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Trippie ·

Dis om die minste te sê – WALGLIK.

Ek glo mos, as jy nie respek het vir jouself nie, nog minder sal jy hê vir ander mense en diere.

TRAP HULLE TJANK AF ! Ek is geskok oor die syfer – 120 000.

Gawie Botha ·

Sal ons enige skuldigbevindings,of enige verslae ontvang van opvolg ondersoek werk,wat suksesvol afgehandel is,met lang termyn gevangenisstrawwe,,,,,,,,,,ek glo nie,want dit gebeur nie eers met moordsake,bedrogsake en jy noem dit!

leon ·

Sommer naby my. Hoe kan hulle kyk hoe diere mekaar verskeur. Die mense het geen gevoel nie. Maar glo my net n waarskuwing of klei boete en more doen hulle dit maar weer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.