Foto’s: Gesteelde motorfiets ná 50 jaar teruggekry

Donald DeVault

Donald DeVault

Foto’s volg onderaan die berig. ʼn Man van Nebraska, Amerika, het Woensdag sy motorfiets teruggekry nadat dit nagenoeg 50 jaar gelede gesteel is.

Donald DeVault (73) se 1953 Triumph Tiger 100 is twee weke gelede deur owerhede in Kalifornië by die Los Angeles-hawe opgespoor. Die motorfiets sou na Japan verskeep word toe doeanebeamptes die voertuigregistrasienommer nagegaan en ontdek het dat die fiets in Februarie 1967 gesteel is.

Die motorfiets was in 1967 sowat $300 werd, maar is vandag sowat $9 000 (ongeveer R90 000) werd.

DeVault het glo die man omhels wat die fiets opgespoor het. Hy het daarna met die motorfiets in die parkeergebied rondgery.

Hy het die motorfiets minder as twee jaar in sy besit gehad voordat dit uit ʼn omheinde erf gesteel is. Hy besit ook ʼn Harley Davidson- en Kawasaki-motorfiets en sal die Triumph net vir spesiale ritte hou.

DeVault sê Marlon Brando het met ʼn soortgelyke Triumph in die rolprent “The Wild One” gery wat dié motorfiets gewild gemaak het.

Donald DeVault ry op sy motorfiets rond

Donald DeVault ry op sy motorfiets rond

Donald DeVault by sy motorfiets

Donald DeVault by sy motorfiets

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Gawie Botha ·

En “barmhartige Samiritaan” ook die fiets sommer in dieselfde tyd in n spog toestand gerestoreer,so-by-so dat 50 jaar later,skop hy die fiets aan die brand en ry tot groot vermaak rond met die fiets,,,,laat ek dit so stel,die fiets was onder reperasies vir die afgelope 50 jaar,in beter meganiese toestand as 50 jaar gelede,,,,,,,,,,andersins vertel vir my hoe kom die fiets in so pragtoestand!

fransie ·

Ek maak toe die aanmerking teenoor my seun “in RSA sou dit na 50 jaar nie meer op die sisteem wees nie” hy kyk my toe so reguit in die oë en sê : “kom ons begin by die begin, watter sisteem ma??” en weer moet ek toe besef RSA is in die afgrond in!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.