Foto’s: Gestrande skip erg beskadig

Die skip, die MC Smart, wat gister naby Richardsbaai gestrand het, is weens rowwe seetoestande erg beskadig.

Die skip, wat steenkool vervoer, het Maandag omstreeks 15:00 in rowwe seetoestande naby Alkantstrand gestrand nadat dit vermoedelik enjinprobleme ondervind het en op ʼn sandbank beland het. Lees meer hier.

Foto: ECR

 

Jason Strait, ʼn skeepsagent, het Dinsdag aan East Coast Radio gesê die vragskip is ernstig beskadig. “As gevolg van die rowwe seetoestande het die vaartuig erge strukturele skade opgedoen,” het Strait gesê. “Dit lyk of sy in die middel geknak het.”.

Hy het gesê dit gaan ʼn baie moeilike taak wees om die vaartuig te herstel.

“Ons gaan moet bepaal wat presies gebeur het. Owerhede sal die brandstof en diesel moet seël en van die skip verwyder, en dan sit hulle nog met die probleem van die 148 000 ton steenkool op die skip,” het hy gesê.

Klik hier om nog foto’s te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Amy ·

Hier kom weer GROOT besoedeling.Wat is dit met die skepe wat so strand? Of is dit ‘onbevoegde kapteins’?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.