Foto’s: Gewapende roof in Sandton

Een man is beseer na ‘n gewapende roof Maandagoggend by Sandown Estate in Sandton, Johannesburg.

Die roof het plaasgevind twee blokke ver van waar Julius Malema se huis opgeknap word, berig EWN. ‘n Groep rowers het omstreeks 07:00 by Tecino Trading, ‘n argitek- en binneshuiseversieringsmaatskappy, ingebreek en ‘n werknemer aangeval voordat hulle met verskeie rekenaars en ‘n televisiestel gevlug het. Een van die werknemers is beseer nadat die rowers hom glo oor die kop geslaan het. Hy word tans in die hospitaal behandel.

Marvellous Ncube, die bestuurder op die perseel, het beskryf hoe hy die rooftog onderbreek het. “Ek het gesien hoe iemand hardloop voordat hy ingespring het. Ek het soontoe geloop, en toe ek weer sien, het iemand ‘n vuurwapen op my gerig,” het Ncube gesê.

Sowat agt rekenaars en ‘n televisiestel is gesteel. Die vermeende rowers het glo in ‘n maatskappymotor gevlug.

Die polisie ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.