‘n Goederevragmotor het Dinsdagmiddag op die N12 in die rigting van Klerksdorp, sowat 15km buite Potchefstroom gerol.
Die voertuig is erg beskadig en het verskeie kere gerol, het Vanessa Jackson, woordvoerder van ER24, gesê. Die goederevragmotor het op sy wiele aan die kant van die pad tot stilstand gekom, maar die brood en goedere wat hy vervoer het, was oor die pad gestrooi. Die passasier kon uit sy sitplek klim en het rondgeloop toe paramedici opgedaag het. Die bestuurder was egter in die wrak vasgevang. Paramedici van ER24 het die man deur ‘n smal opening in die voorruit begin behandel terwyl hulle vir die brandweer gewag het om die man met lewenskake uit die wrak te bevry. Die 26-jarige man het ‘n ernstige kopwond opgedoen, sowel as moontlike rugbeserings en verskeie diep snye aan sy gesig. Die gevorderdelewensondersteuningsparamedikus het hom uitwendige asemhalingstoerusting aan die man gekoppel en hy is per ambulans na die Mediclinic in Potchefstroom geneem.