Foto’s: Google het moontlik ‘n donkie omgery

‘n Foto op Google Street View van die donkie wat op ‘n grondpad in Botswana lê

ʼn Gebruiker op Twitter het Maandag ʼn foto opgelaai van ʼn donkie wat op ʼn grondpad in Botswana lê net nadat die Google Streetview-span daar verby gery het.

Die gebruiker, @TheRealSheldonC, het die foto op Twitter gelaai en geskryf: “Ek dink Google Street View se kar het in Botswana oor ʼn donkie gery.” Google Street View is tegnologie wat in Google Maps en Google Earth gebruik word wat ʼn panoramiese uitsig bied van talle strate wêreldwyd. Dit is op 25 Mei 2007 in verskeie stede in Amerika bekendgestel en het sedertdien na talle lande en plattelandse gebiede uitgebrei.

Die Google Maps-foto wys ʼn wolkie stof wat van die vermoedelik beseerde donkie af opgewaai het, wat voorstel dat die foto geneem moes gewees het net toe die donkie geval het.

As ʼn mens verby die foto van die lêende donkie skuif, dan sien mens dat die donkie langs die pad staan en wei.

News.com in Australië berig dat dit moontlik is dat die Street View-motor oor die donkie gery het en dat die foto van die lêende donkie moontlik deur die agterste kamera geneem is.

Foto van die donkie nadat die voorval vermoedelik plaasgevind het.

Google het glo foto’s aan die nuuswebwerf gestuur, maar nie toestemming verleen dat dit gebruik word nie. In die foto’s voer Google aan dat die Street View-motor die donkie, wat glo reeds gelê het, genader het, en dat die donkie daarna opgestaan en ongedeerd rondgeloop het.

“Ons Street View-spanne ag die veiligheid van mense en donkies as baie belangrik,” het ʼn woordvoerder van Google glo gesê. “ʼn Hersiening van die foto’s bevestig dat ons span nie die dier beseer het nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Johan du Toit ·

Enigiemand wat Google wil probeer beskuldig dat hulle ‘n donkie raakgery het is doodgewoon besig om ‘n leuen te versprei! Die voertuig beweeg aan die linkerkant vd pad,van voor kom ‘n 4×4 met sleepwa en die donkie staan in die pad! Met nog nader skote lyk dit of donkie in stofpad neerval en in stof rol! Google kom aan en donkie lê in pad en staan blykbaar vir die voertuig op want met de vêrdere beweeg vd voertuig is die donkie langs en agter die voertuig sigbaar!
Vaaltyn het dus net mooi niks oorgekom nie en alle diereliefhebbers kan maar nou weer asem haal!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.