Foto’s: Groot skade ná waterpyp in Sandton bars

Foto: Mia Lindeque vir @JacaNews / Twitter

Tien huise in die Morningside-landgoed in Sandton is Donderdag erg beskadig nadat ʼn waterpyp in die gebied gebars het.

Robert Mulaudzi, woordvoerder van die Johannesburgse nooddienste, het gesê die water het baie skade aangerig. “Die betrokke huise is oorstroom en het huisinhoud  beskadig. Mure het ook omgeval en op voertuie beland. Ons is besig om die ander mure te stabiliseer en om puin te verwyder,” het hy gesê. Alphenstraat is vir verkeer gesluit terwyl die toneel opgeruim word. Niemand is in die voorval beseer nie.

Foto: Mia Lindeque vir @JacaNews / Twitter

Foto: Mia Lindeque vir @JacaNews / Twitter

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.