Foto’s: Groot skade vir boere ná veldbrande

gauteng veldbrand3

Meer foto’s volg onderaan die berig. Foto’s: Liezl Kense

Waarskuwing: Van die foto’s mag sensitiewe lesers ontstel. Nagenoeg 70 beeste het verbrand, en talle moes van kant gemaak word ná ʼn veldbrand Vrydag naby Devon in Gauteng groot verwoesting gesaai het.

Volgens Jaap Coetzer, ʼn inwoner van die omgewing, word die skade wat die brand aangerig het op miljoene rande beraam. “Stormsterkte winde het die situasie vererger en die vuur is oor ʼn afstand van meer as 40km aangedryf, met die wind wat kort-kort van rigting verander het,” het Coetzer gesê.

Hy sê weiding en voerbale is op ʼn aantal plase heeltemal verwoes. Volgens Coetzer het 70 beeste op ʼn boer, Johan Kense, se plaas doodgebrand, aangesien hulle nie voor die vlammehel kon vlug nie.

“Tientalle beeste moes ook regoor die gebied geskiet word omdat hulle te erg gebrand het. Talle ander beeste word nog gesoek, en soos wat die soektog voortgaan word daar op nog gebrande diere afgekom.”

Volgens Coetzer het hulle ʼn berig ontvang van een persoon wat beseer is en in ‘n kritieke toestand na ʼn hospitaal in Pretoria geneem is. Verskeie ongelukke het ook op die paaie weens die erge rookwolke plaasgevind.

“Groot kommer heers nou oor die tyd wat voorlê. Voer is nou baie skaars. Dit het nog nie gereën nie en dinge sal eers vier tot ses weke ná goeie reën weer normaal kan raak,” het hy gesê.

[nggallery id=154]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Trippie ·

Eerste vraag wat by my opkom, hoe het die veldbrand ontstaan ?

My hart gaan uit na elkeen geraak deur hierdie tragedie.

Mag ons vra dat ons Hemelse Vader spoedig die sluise sal laat ooptrek.

Willy ·

Sjoe dis nie ‘n mooi prentjie.
Daar is baie skade aangerig! Sterkte aan die boere. Hoop uitkoms is naby en mildelik.
Beterskap aan die persoon. Hoop vir spoedige herstel.

HELENA SEABORNE ·

en ons kan maar net wonder wie die oorsaak vs brande was. mag seker dink wat ons wil ma nie se wat ons wil ni.

lien ·

Daar is gerugte dat daar “voorbrand” gemaak was op ‘n plaas, dat dit noodsaaklik is volgens hulle geloof en tradisie dat die gras moet brand voor dit kom reën. So gebeur dit as plaasgrond in onkundige mense se hande beland.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.