Foto’s: Helikopter stort neer in Midrand

Foto is deur die gebruiker @netcare911SA op Twitter gelaai

Twee mans is ernstig beseer na ʼn helikopter Sondagmiddag in Midrand neergestort het.

Die helikopter, ‘n Bell 206 JetRanger, het in ʼn verlate nywerheidsdeel naby 16de laan in Midrand neergestort. Die oorsaak vna die ongeluk en die gebeure wat daartoe gelei het is nog nie bekend nie. Die burgerlike lugvaartowerheid sal die voorval ondersoek. Dit blyk dat die helikopter neergestort het en die wrak gedisintegreer het. Die grootste deel het teen ʼn betonheining tot stilstand gekom. Netcare911-paramedici het twee insittendes in ʼn ernstige toestand in die wrak gevind en is dadelik behandel. Een man is per helikopter en een man is per ambulans na die Netcare Sunninghill-hospitaal geneem.

Die gebied rondom is steeds vir verkeer gesluit.

Foto is deur die gebruiker @ER24EMS op Twitter gelaai

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.