Foto’s: Hier is baba Cambridge

William en Kate saam met baba Cambridge. Foto: Clarence House

Prins William en sy vrou Catherine, die hertogin van Cambridge, het Dinsdag vir die wêreld hul babaseuntjie, die prins van Cambridge, gewys.

William en Kate en hul babaseuntjie is op die trappe van die Lindo-vleuel by die St. Mary-hospitaal in Paddington, Londen afgeneem toe hulle die hospitaal verlaat het. William het aan verslaggewers gesê sy seun “het ʼn paar longe aan hom” en dat hul steeds aan ʼn naam vir hom dink. Kate het gesê dit is baie emosioneel en ʼn spesiale tyd. “Ek dink enige ouer sal weet hoe dit voel.” William het geskerts dat hy dankbaar is dat die baba Kate se mooi voorkoms het. Baba Cambridge is Maandag in dieselfde vleuel gebore waar prinses Diana aan prins William en prins Harry geboorte geskenk het. Baba Cambridge is naas sy oupa prins Charles en sy pa prins William, derde in die ry om die troon op te volg.

Baba Cambridge in sy ma se arms. Foto: Clarence House

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Sarie van Niekerk ·

Pragtig voorspoed en baie seen aan die ouers en die baba

Henrietta Klaasing ·

Tien uit tien vir prins William, wat die baba by sy vrou oorgevat het! kosbare sin vir humor, gemoedelikheid, deel met die vreugde met die skare vreemdes – so anders as die “stiff upperlip” waaraan mens gewoond geraak het by die koningshuis

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.