Foto’s: Hond met pyl geskiet

Waarskuwing: Die foto’s onder die artikel mag sensitiewe lesers ontstel.

ʼn Bruin hond, waarvan die ras en geslag onbekend is, is glo Donderdagmiddag in Randfontein met ʼn pyl en boog geskiet. ʼn Twitter-gebruiker, wat ʼn kontak by die Rand en Dal-dierekliniek in Krugersdorp het, het kort ná die voorval foto’s van die hond op Twitter gelaai.

Volgens die verbruiker is die hond vermoedelik deur die buurman se 17-jarige seun geskiet, omdat die seun glo nie van die hond hou nie.

Die verbruiker het kort daarna gesê die hond is in veilige bewaring by die kliniek en sterk aan.

Maroela Media het Vrydag die Rand en Dal-dierekliniek geskakel om meer inligting te bekom, maar ʼn vrou wat die oproep beantwoord het, wou nie enige kommentaar lewer nie. Sy het wel gesê dit is ʼn privaatsaak tussen die hond se eienaar en die buurman. Sy wou ook nie sê in watter toestand die hond is nie.

Die DBV in Randfontein is bewus van die voorval. Die eienaar het die hond na die DBV geneem, maar hulle het nie ‘n veearts daar gehad om die dier te help nie, en die eienaar is na die dierekliniek verwys. Die DBV het die eienaar aangeraai om die saak by die polisie aan te meld.

Maroela Media wag nog vir bevestiging van die polisie of ‘n saak aanhangig gemaak is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

nettie ·

EK HOOP JY WAT DAARDIE HULPELOSE DIER GESKIET HET LEES HIER. HOE DURF JY SO WREED WEES. HOE SAL JY VOEL AS JY GESKIET WORD. ONTHOU NET EEN DING. ”MOENIE AAN ANDER DOEN WAT JY NIE AAN JOUSELF GEDOEN WIL HE NIE”. JY IS `N LAFHARD OM `N DIER TE SKIET.

Marlene ·

Ek is Marlene se man PIETER. Ek lees wat julle almal oor die seun geskryf het, ja as hy skuldig is ek praat nie van julle wat hom klaar veroordeel het nie moet hy sy straf kry. Wat julle geriefluksheidonthalwe vergeet het om raak te lees is die feit dat die HOND n probleem hond was of nog steeds is , want die hond lewe nog. Soos ek gelees het het die einaar die hond in die veld gelos. Dit se net vir my dat die einaar geweet het dat sy hond n probleem was en dat hy niks daaraan gedoen het nie. Wonder net wat sal julle wat dit like om klippe tegooi gedoen het in so n geval.

adelene meyer ·

PROBLEEM HOND OF NIE!! Gee dit daai seun die reg om die hond te gaan skiet het met n pyl en boog!!!! Moenie VERKEERD probeer GOED praat nie jong! Wat het gebeur met”vat die hond SPCA toe!!

Marlene ·

Wat sal jy maak as jy met jou kar ry en jy word gehijack.? Jy spring uit jou voertuig en vang die hijacker. Jy sien dit is n seun van so 17 .Nou my vraag is gaan jy vir hom vra om saam met jou te ry , want jy sien dat hy n probleem is. Gaan jy hom boys town toe vat of moet sy ouers dit doen. Jy vergeet dat die eienaar ook nie sy plig teenoor die hond wat n man se beste vriend behoort te wees nagekom het nie. Waaroor kla jy net oor die seun of sal jy die selfde gedoen het as die eienaar as jy n hond gehad het

adelene meyer ·

Jong, moenie dat ek vir jou iets se wat kon gebly het nie!! N dier bly n dier, hy kan nie vir homself besluit nie…ons mense moet dit doen. As julle al soveel moeilikheid met die hond gehad het kon julle almal al julle menslike pllig gedoen het as die eienaar nie van beter geweet het nie en die SPCA gebel het om die hond te kom verwyder. Dis hkm hulle daar is. Niemand het die reg om enigiemand, mens of dier te beseer nie!! Ek sou nog verstaan het as dit n volwasse persoon was wat daai besluit gemaak het maar hkm daai kind van 17?

Marlene ·

Die punt is juis dit Adelene die grootmense het gefaal om die kind te help. Soos dit vir my lyk het die ouers die regte ding gedoen om hom te leer om homself te kan verdedig. Veronderstel nou maar net diet was ‘n geval waar die kind se lewe bedreig was deur ‘n misdadiger. Die kind besluit dan om eerder homself te verdedig as wat hy gedood word deur die misdadiger, nou wat maak die sinario dan so anders ? Volgens jou as die kind dan nou 18 was(dans hy mos grootmens hy kan wettig rook,drink,lisensie kry,stem ens.ens.) dan was dit ok wat hy gedoen het. Ek haal aan wat jy gese het : “Ek sou nog verstaan het as dit n volwasse persoon was wat daai besluit gemaak het maar hkm daai kind van 17?” Dit is hier vir my baie duidelik dat kinders soms beter besluite neem as volwassenes.

Marlene ·

@ Nettie is jy ‘n vegetarier ? Of eet jy ook vleis.Hoe wreed van jou. Sien jy nie wat Thinus geskryf het nie, dit was ‘n probleemhond nie ‘n hulpelose hond nie. Eeerstens kan die blaam by die eienaar van die hond geplaas word, omdat hy niks daaraan gedoen het om die probleemhond bv.opleiding te laat kry nie. Tweedens het die owerhede nie hul plig gedoen om die hond te laat uitsit as hy dan nou ‘n probleem dier is. As jy in ‘n situasie kom waar ‘n groot hond bv. op jou afstorm en sy tanne vir jou wys en grom, gaan jy net stilstaan ? Ek dink nie so nie! As ek iets byderhand het (‘n kruisboog,geweer,pistool) wat ook al ek sal dit beslis gebruik om myself te beskerm. Wat van jou?

adelene meyer ·

Goeie hemel!! Geen mens het die reg om dit aan n dier te doen nie. Maak nie saak of jy van die hond hou of nie. Ek hoop hy ry aan die pen vir dit. Hy kort n pyl in sy voet ja!!

Coenraad ·

Daai knaap moet uitgesorteer word!Te min pakslae in sy lewe gekry.

Blanch ·

Rant en Dal ve in Rustenburg? dink iemand het die kat aan die stert beet – Dishoekom DBV Rustenburg niks weet van die voorval nie. Ramt en Dal vet is in Krugersdorp………???

Willie Els ·

Dit is jammer dat, die bliksem beskerm word deur die media. Sy gesig moet vir almal gewys word sodat mense kan sien hoe lyk ñ lafaard. Sulke mense in my oë is slegter as vis atront op die bodem van die see.

Georgette ·

Ek hoop nie dat dit die einaar of eienaar se kinders was nie. So ‘n pragtige hond. Ek dink die polisie moet ‘n handjie in hierdie geval insteek!~

HELENA SEABORNE ·

BRING DIE KLEIN POEPOL VIR MY, SAL HOM WYS WAT EK MET I KRUISBOOG AAN HOM DUN. BLERRIE KLEIN GEMORS.

nevada ·

Dit is vieslik ek kan dit nienom n ander manier beskryf nie, en die sogenaamde DBV maak my naar! Al eweig moet ons hoor hoe diere mishandel word ma nooit word daar enige vedere stappe geneem teen diegene nie! Dis tyd dat mense gestraf word wat diere mishandel!

sylvia du plessis ·

DIE KLEIN STRONT MOET TEEN N BOOM GAAN STAAN LAAT IEMAND HOM OOK DEUR DIE LYF SKIET MET N PYL EN BOOG SODAT HY KAN VOEL HOE VOEL DIT N HOND HET OOK N LEWE EN N GEVOEL NET SOOS ONS MENSE. HY MOET AAN GEKLA WORD VAN DIERE MISHANDELING EN POGING TOT MOORD OP DIERE. HOOP JY KRY N SWAAR STRAF VIR DIT WAT JY GEDOEN HET

Mariechen du Toit ·

Ek het nie woorde vir dit nie. Hoop die seun word die hoogste straf moontlik opgele. Watse opvoeding het die vent gehad. Skande.

Walter Language ·

Skiet die blerrie idioot met ‘n pyl en boog en los hom om te vrek…hy verdien nie om te lewe nie, as ek die eienaar was van die arme hond sou die bure met oop oë moes slaap want ek sal my dier se pyn vergeld!

Marlene ·

My man is ‘n boogjagter, maar sal nooit in sy lewe so ‘n wrede daad pleeg nie. Dit is vreeslik dat die kind so iets gedoen het en volgens my behoort sy straf daarby aangepas te word. Natuurlik weet ons nie wat die ware omstandighede rondom die voorval is nie en hoop dat byde die hond en sy baas en die seun en sy familie uit die “fout” / voorval sal leer.

johan ·

So n persoon of ding sal ek met n plesier &*^%%$%^&7. Ondiere soos die behoort nerens in die samelewing nie. Nie eers tronkstraf is goed genoeg vir sulke goed nie.

Vasti Fourie ·

Ek vertrou dat die SPCA ‘n saak van dieremishandeling sal oopmaak. Dit is skokkend dat kinders in ‘n gewonde woonbuurt toegelaat word om met ‘n gevaarlike wapen onskuldige diere te skiet. Dit is gewoonlik die begin van reeks moordenaars – oefen eers op diere.. jy is ‘n lafhard en nie welkom in ons samelewing nie. Laastens is karma nog altyd daar…. wees verseker daarvan.

Marlene ·

Vasti en waar het jy nogal jou graad in sielkunde en kriminologie gedoen dat jy die seun as moordenaar kan sien? Nee, goeie kinders maak soms verkeerde keuses.En as die geval dan so is soos wat Thinus vir ons se het die seun absoluut reg opgetree om sy eie en sy hond se lewe te beskerm. Jammer oor my aanmerking dat dit ‘n wreede daad was.Die artikel het die indruk by my geskep dat die seun die hond doelbewus geskiet het. Die “baas ” van die hond behoort aangekla te word as hy die hond dan net in die veld gelos het.

Thinus ·

Ja mense, sulke goed hoort nie, en daarmee stem ons almal saam. Ek lees deur al die kommentaar en almal se woede is te verstane. Ek sou presies soos julle opgetree het, maar anders as julle, ken ek die mense toevallig en ek weet wat die feite is, en daardie feite is bitter ver van wat julle almal hierbo lees!!! En nee, my feite kom van gewone arbeiders en my eie ondervinding met hierdie spesifieke hond af, en nie van die seun wat homself en sy hond beskerm het nie. Ek het ook al ‘n benoude ervaring met hierdie hond gehad!!! Marlene, jy se jou man is ‘n ervare jagter, nes ek. Vra hom om die “fletches” van nader te beskou, en die twee verskillende wonde onder die vergrootglas te neem. Hy sal dan weet waarvan ek praat.

Hierdie berig se feite kan nie as die waarheid gevat word nie. Die hond is uit selfverdediging geskiet, en die seun se pa het die hond veearts toe geneem nadat sy eienaar net fotos geneem het en die hond in die veld gelos het.

Kom ons kry eers alle FEITE bymekaar voor ons ‘n hangtou in die boom gooi!

EBTfan ·

As ‘ n goeie vriend van die familie: Sal jy asb seker maak dat ons die ander Kant van die storie kry? Ek is seker almal Sal dit graag wil lees. Selfs Dan justify dit nie wat die Klein barbaar aangevang het nie ! Wat soek ‘ n kind van sy ouderdom in elk geval met ‘n pyl en boog ? Of het dit perongeluk op ‘n jagplaas gebeur? ?…. nie so gedink nie !
Mense is ook baie geneig om te vergeet: the hand that holds the leash determines the outcome of the dog at the other end !
Nie die hond of die die kind (van die inligting wat verskaf is), Klink my het die regte opbrengs ontvang nie !

EBTfan ·

Ag moenie vir jou so onnosel hou nie … lees weer, meskien kop jy die tweede keer !

EBTfan ·

Hulle dink nog wat die feite is ….. geen feite op die tafel nie …… want as daar was sou dit eerstehands al deurgegee geword het ;-)

Marlene ·

Is julle van die pad af.Kan jul sien dat Thinus heelmoontlik net die 1 plasing gedoen het en nie in die blokkie gekliek het dat hy in kennis gestel wil word op nuwe kommentaar nie. Seker nie bietjie verder gedink nie ne EBT fan ?

Marlene ·

More ek is Marlene se man Pieter. Ek kan sien wat jy bedoel. Vandat Marlene my die foto gewys het was daar iets wat my gepla het.Einklik 2 goed. No 1 Dit moes n baie swak boog gewees het of die seun het ver gestaan toe hy die hond geskiet het. No 2 Op die foto lyk die hond nie baie groot nie en as jy die manier kyk hoe die pyl in die hond in is kan jy sien dat die hond nie moetswilig raak geskiet is nie. Ek kan net nie uit maak wat jy bedoel met die fletches nie die foto is bietjie onduideluk

Poppie ·

Ek hoop van harte dat hiedie seun en sy ouers behoorlik gestraf word. In my oe is dit diere mishandeling en die kind moet lewens lank by die DBV gaan werk en sien hoe dit voel om mishandelde diere te versorg en hul e hokke skoon maak. Ek hoop die hond se eieneaar het n klag by die polisie ingedien.. Ek hoop die kind en sy ouers lees al die kommetaar en hy moet behoorlik gestraf word!!!!!!!!!!!!!

Marlene ·

Die gene wat ‘n blinde-oog draai oor die ware gebeure behoort die res van hul lewe te werk in ‘n plek waar kinders en mense reabliteer moet word nadat hulle deur diere (honde ingesluit) aangeval en verskeer was

anita ·

Hierdie Vader en seun het dringend sielkundige behandeling nodig, wat sou gebeur het as dit iemand in die buurt was wie hulle nie van gehou het nie, ongeag wat die omstandighede was, hierdie is ‘n onmenslike daad.

Marlene ·

Dit was verkeerd van die eienaar om die hond net in die veld te los.Dit was reg van die pa en seun om die hond vee-arts toe te vat. Is dit regtig onmenslik om jouself teen watse gevaar ookal te beskerm?

MELINDI CHARLE SWANEPOEL ·

Hierdie kind is n problem vir die samelewing !!Hoe is diit moontlik dat hierdie seun soveel wreedheid teenoor diere in sy hart rondra!! As hy dit kan doen, kan hy mos dieselfde doen aan n person, net omdat hy nie van die person hou nie !! Strkte aan sy ouers, want julle het harde werk wat voorle met so n kind!!Hy gaan sy boete moetdra soos n man, en hopelik is die wet nie goedgunstig teenoor hom nie!! Hierdi is diereminhandeling op die ergste graad! Daar is nie verskonings vir wat hy gedoen het nie !!! Reg of weg gaanmaaknie !!Melindi Charle

EBTfan ·

Ag moenie vir jou so onnosel hou nie … lees weer, meskien kop jy die tweede keer !ek stem !

Marlene ·

As ek so na die kommentaar kyk van al die “grootmense” in die samelewing is dit vir my duidelik dat die samelewing eerder die probleem is. Wat het geword van mense wat baie meer werd is as die mossie. Diere is ondergeskik aan die mens,maar van julle wil die indruk skep dat mense ondergeskik moet wees aan die dier en minder “werd” is as die dier. Vir almal wat so uitvaar teen die seun en hom dan nou as ‘n probleemkind sien net die volgende : Die een wat die minste liefde verdien is die een wat dit die meeste nodig het ! Julle vaaruit teen ‘n kind en spreek soveel negatiewe dinge op sy lewe uit,maar hou net ingedagte dat jou woorde na jou sal terugkeer. Wat mens uitspreek kan vir jouself tot seen of vloek wees.m.a.w. vir die wat nie weet nie dit is waarom die woord ons leer dat die mag van lewe en dood in die tong le.PASOP WAT JULLE SE WANT DIT SAL NA JULLE TERUGKEER

Evert ·

DIE STUK NIKS WERD GEMORS WAT HIERDIE HOND GESKIET HET KORT SIELKUNDIGE HULP,SIT HOM IN ‘N BOKS KRYT LAAT ‘n KLOMP HONDE HOM VERSKEUR

alana ·

Ek moet n taak maak oor honde en ek kom op die goed uit ja nee dt is rrg wreed * show areme hondjie is nt soos ons mense ek kry dai woewieQ bja jamer eish ….we’ll ek gAaan ook nie die 17jaarige seun sleg wl se ni wnt die here verwag dt ni van ons mense ni maar as ek dt su se is dt ni mooi ni * we’ll ek kry dai hondQ jamer en ek gaan bid lat hy gesond kom hy is in die here se hande wat vr di spca gese ht hul moet help* we’ll ek stem saam dat dit onnoodig is om n hond te skiet * die hond wu nt aandag soek en my hond baddy hy is ook so voutsoeker maar ek gaan en haal ni my woede op di hond uit ni ek gee hom liewers aandag as wat ek hom wl dood sien en trots wees en se ek ht al n dier geskiet we’ll ek is 14 en ek dink dai seunaQ was verkeerd nie eers my boetieQ vn 12 sl dt doen ni nee maar dt is rrg dom * we’ll ek bid vr dai seun wnt dt gaan hom rrg bja pla en ek hoop sy famielie sl hom vergewe wat hy gedoen ht maar sl ook vr hom bid en hom biekie aandag gee wnt dt is wat hy noodag ht as hy so kan maak*!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.