Foto’s: Hond veilig ná twee uurlange reddingspoging

Foto’s: Netcare 911

Reddingswerkers het Maandag vir twee ure lank gespook om ʼn hond uit ʼn diep steengroef te red.

Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare 911, sê werkers by die Derby Downs Business Park in KwaZulu-Natal het die dier op ʼn klein eilandjie aan die onderkant van die Westville-steengroef gesien.

“Dit is nie bekend hoe die hond daar beland het nie. Die bodem van die steengroef is omtrent 20 meter diep,” het Botha gesê.

Die polisie se soek en reddingseenheid en reddingswerkers van Netcare 911 is na die toneel ontbied om die benoude dier te red. “ʼn Polisiebeampte het met ʼn tou teen die krans afgeseil om by die hond uit te kom. ʼn Beampte van die dierebeskermingsvereniging (DBV) het kort daarna opgedaag en is ook teen die krans afgesak om die hond met ‘n spesiale harnas vas te maak,” het Botha bygevoeg.

Die hond en beamptes is daarna na veiligheid gehys. “Die hond het gelukkig nie seergekry nie en is in die sorg van die DBV geplaas,” het Banks gesê.

[nggallery id=102]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.