Foto’s: Huisgenoot Tempo-toekennings

Karlien van Jaarsveld en haar verloofde Derick Hougaard

Karlien van Jaarsveld was gisteraand die groot wenner by die agtste Huisgenoot-Tempo-toekenningsgeleentheid wat by Emperors Palace aan die Oos-Rand gehou is.

Van Jaarsveld, wat sedert verlede week tydelik stil is weens nodules wat op haar stembande gegroei het, het Juanita du Plessis as gewildste vroulike kunstenaar uit die kussings gelig. Du Plessis, wat die titel sewe jaar agtereenvolgens gewen het, het met haar album Wees Lig die prys vir beste gospel-album gewen. Van Jaarsveld se Jakkals trou met wolf se vrou is ook as liedjie van die jaar aangewys. Haar broer Bobby is as gewildste manlike kunstenaar aangewys. Sorina Erasmus, oftewel die Flooze het haar toekenning vir beste humor-album aan Zak van Niekerk en Christa Steyn opgedra. Nagenoeg 200 stemme is vanjaar in die kompetisie uitgebring teenoor verlede jaar se 108 000 stemme.

Ander wenners:

Alternatiewe Musiekvideo met MK
Heuwels Fantasties – Buitenste Ruim

DVD van die Jaar
Romanz – Ek Sal Getuig Live (DVD)

Musiekvideo met MK
Lianie May en Jay – Lank Lewe die Liefde

Kindermusiek
Carike Keuzenkamp – Carike & Ghoempie in Kinderland Vol. 8

Kopskuifalbum
Ollie Viljoen en Blues & Susters – My land, My Lied

Pop
Riana Nel – Die Moeite Werd

Rock
One Crown – Virander

Sokkie/dans
Ray Dylan – Verskietende Sterre

Tradisionele Musiek
Klipwerf – Hantam Gatskop

Nuweling van die Jaar
Kat se Snor – Kat se Snor

Instrumentaal
Rocco de Villiers – More beautiful piano

Gewildste Radiostasie
Overvaal Stereo

HUISGENOOT-LIEDJIESKRYFWENNERS
1. Musiek & Liriek
1ste plek: Nie Te Laat Nie deur Barney Lategan gesing deur Gerhard Steyn en Helenè Bester
2de plek: Sy Liefde deur Gert Smit, gesing deur Retief Burger
3de plek: Vicky-Anne Serfontein met haar liedjie Maybe Baby Vanaand gesing deur Karlien van Jaarsveld

2. Liriek
Murphy’s Law deur Magda van der Merwe, gesing deur Adam Tas

3. Leserskeuse
Vicky-Anne Serfontein met haar liedjie Maybe Baby Vanaand gesing deur Karlien van Jaarsveld

[nggallery id=52]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.