Foto’s: Idie Boshoff begrawe

“Ons was ʼn hegte gesin en het baie goed as ʼn gesin gedoen, daar is ʼn groot skakel uit ons ketting weg.”

Dié hartseer woorde kom uit die troosdiens waar Edith Boshoff, oftewel Idie, soos almal haar genoem het, Donderdag tot ruste gelê is.

Idie is verlede Vrydag per ongeluk deur haar pa tydens ʼn rooftog by hul huis in Lyttelton Manor, Centurion, doodgeskiet.

Die troosdiens is deur ds. Fanie Venter vanuit Kerksondermure waargeneem.

ʼn Somber atmosfeer het geheers in die kerksaal waar ʼn wit kissie, ʼn portret van Idie en blomruikers vriende, familie, skoolmaats en onderwysers begroet het.

Emosies het hoog geloop terwyl Venter huldeblyke van haar pa, Glenn, en ma, Adéle, voorgelees het. Glenn het geskryf hy gaan hul slaaptyd-tradisies mis as hy haar moes abba en al die drukkies en soentjies. “Poplap, jy het altyd ʼn smile op jou gesiggie gehad, en as jy nie glimlag nie, hoef ek net aan jou nek te vat dan sou jy lag. Ek gaan jou vir altyd mis. Ons sien jou gou weer, wag net vir ons. Love you lots,” het haar pa gesê.

Adéle sê sy mis Idie se lag en glimlag. “Jy los ʼn gaping wat nooit gevul gaan word nie. Alles wat ek sien en hoor herinner my aan jou. Jy leef in ons hart. Poplap, ons sal jou nooit vergeet nie.”

Die ouers het almal bedank wat hulle ondersteun het en vir hulle gebid het.

Die kis is deur Glenn, haar boetie Trevor de Bruyn, oupas Johann Maritz en Nick Boshoff, en ooms Jannie Maritz en Mark Boshoff, tot haar laaste rusplek in die Ou Centurion-begraafplaas gedra.

ʼn Saak van strafbare manslag is teen Glenn geopen. Na gelang van die ondersoek sal die direkteur van openbare vervolging besluit of hy vervolg sal word, het luitenant-kolonel Lungelo Dlamini, Gautengse woordvoerder van die polisie, aan Maroela Media gesê. Hy het gesê só ʼn beslissing kan tot drie maande duur.

Dié gedig het op Idie se begrafnisbriefie gestaan:

Daddy,

Please don’t look so sad!

Mommy, please don’t cry…

I am in the arms of Jesus

And He sings me lullabies.

Please do not try to question God,

Don’t think He is unkind.

Don’t think He sent me to you and that He changed His mind.

You see, I am special and I am needed up above.

I’m the special child you gave Him,

the product of your love.

I’ll always be there with you.

So watch the sky at night.

Find the brightest star that’s gleaming.

That’s my halo’s brilliant light.

So Daddy, please don’t look so sad.

Mommy, please don’t cry.

I am in the arms of Jesus.

And He sings me lullabies…

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.