Foto’s: iStore by Fourways Mall beroof

Skade aan die iStore Foto: Marc Lewis, EWN

‘n Groep gewapende mans het Woensdagoggend die iStore by Fourways Mall in Johannesburg beroof.

‘n Hoëspoedjaagtog het gevolg en ‘n skietery het tussen die polisie en verdagtes uitgebreek. Die polisie gaan van vingerafdrukgetuienis en kringtelevisie-beeldmateriaal gebruik maak om die verdagtes vas te trek. Dosyne skote is gevuur, maar niemand is beseer nie.

Die jaagtog het tot ‘n einde gekom toe die verdagtes met hul blou BMW agterin ‘n minibustaxi in William Nicol-rylaan vasgejaag het.

Een verdagte, in sy 30s, is in hegtenis geneem, maar twee ander het ontsnap.

Ondersoekbeamptes het ure op die ongelukstoneel spandeer om getuienis bymekaar te maak. Die polisie het beslag gelê op drie ongelisensieerde vuurwapens, ‘n R4, ‘n 9mm-pistool en ‘n rewolwer.

Katlego Mogale, woordvoerder van die polisie, het gesê daar was vingerafdrukke op die toneel.

Die taxibestuurder het gesê sy voertuig was volgelaai met passasiers en dit is ‘n wonderwerk dat niemand ernstig beseer is nie.

Die polisie het op verskeie vuurwapens in die verlate motor beslag gelê Foto: @tshepo_moabi, Twitter

Die verlate blou BMW Foto: Alex Eliseev, EWN

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.