Foto’s: Jaarlikse veldblomfees

Die Sederberge het Vrydag volkleur in blom gestaan.

Besoekers stroom tans na Clanwilliam aan die Weskus vir die jaarlikse veldblomfees. Dié jaar se fees vind tussen 24 en 31 Augustus plaas. Plaaslike en internasionale blomentoesiaste woon jaarliks dié gewilde fees, wat sedert 1972 gehou word, by, en die dorpie se Blomkerk het glo ‘n indrukwekkende tentoonstelling. “Ek het nog nooit so iets gesien nie,” het Fran Wright van Kanada gesê. “Dit is buitengewoon om soveel verskillende soorte blomme in so klein spasie te sien. Om te sien hoe kunstig dit rangskik is en om dit boonop in die verskillende ekosisteme te sien.”

Verskeie opwindende aktiwiteite soos musiekvertonings, kunskompetisies vir kinders, staptogte en besigtigingstoere word ook aangebied. Die fees is daagliks van 08:00 tot 19:00 en toegangsfooi is R25 vir volwassenes, R20 vir pensioenarisse en R5 vir kinders. Kontak die Clanwilliam-toerismeagentskap by 027 482 2024.

[nggallery id=67]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.