Foto’s: Johan Kotze in die hof

Johan Kotze, die "Modimolle-monster" in die hof. Foto geneem en op twitter gelaai deur die gebruiker @ewnreporter

Johan Kotze, die sogenaamde “Modimolle-monster” sal Vrydagoggend sy eerste verskyning in die hof maak.

Kotze was voortvlugtend na hy drie van sy werkers met ʼn geweer gedwing het om sy vervreemde vrou om die beurt te verkrag en toe haar liggaam te skend. Hy word ook daarvan beskuldig dat hy sy tienderjarige stiefseun vermoor het. Kotze sal na verwagting aangekla word van verkragting, moord en ontduiking van die gereg. Hy sal saam met een van sy werkers, wat in ʼn afsonderlike aksie in hegtenis geneem is, in die hof verskyn.

Lede van die gemeenskap en selfs die ANC se vroueliga het Vrydagoggend by die hof opgedaag om hul protes teen die gruweldaad te betoon. Een van die mans buite die hof het ‘n T-hemp aangehad waarop “Hoop jy’s die voorbeeld vir elke man wat nog wegkom om ‘n vrou te mishandel!” geskryf staan. Dit is onwaarskynlik dat die saak Vrydag hanteer sal word aangesien die polisie moontlik vir uitstel sal vra om die dossier te finaliseer.

Die verhoor vind op dieselfde dag plaas as die begrafnis van die 19-jarige seun wat glo deur Kotze vermoor is. Die mensejag na die ander twee verdagtes duur voort.

Betoger buite die hof. Foto geneem en gelaai op Twitter deur die gebruiker @ewnreporter

Betogers buite die hof. Foto geneem en gelaai op Twitter deur die gebruiker @ewnreporter

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Marcia ·

Moenie so moeg lyk nie… Reël gou gou iets sinistersiek jou vark! Want om te sê jy wou jou vrou net bietjie seermaak… is ‘n hengse ‘UNDERSTATEMENT’!!!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.