Foto’s: Jong kangeroe sterk aan in dieretuin

Norvy, die jong kangeroe Foto: EWN

‘n Weerlose, jong kangeroe word by die nasionale dieretuin in Pretoria versorg nadat sy deur haar ma verwerp is.

Norvy, die baba rooi kangeroe, is deur haar ma verwerp en word nou ‘n spesiale melkmengsel gevoer, berig EWN. Sy is deel van die dieretuin se Australiese afdeling en bly in ‘n tuisgemaakte verhitte sakkie wat haar ma se buidel naboots. Sodra Norvy gespeen is en goed eet, sal sy stadigaan by die familietrop ingeskakel word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.