Foto’s: Jonges maak amok in Bekkersdal

Bekkersdal. Foto: Werner Beukes / SAPA

Bekkersdal. Foto: Werner Beukes / SAPA

ʼn Groep kinders het Maandag bande aan die brand gesteek en daarmee strate in Bekkersdal, buite Westonaria in Gauteng, versper.

ʼn Fotograaf van SAPA wat op die toneel was, skat die kinders se ouderdomme tussen ses en 13 jaar oud. “Daar was tussen 30 of 50 van hulle wat bande aan die brand gesteek het naby die ingang na die informele nedersetting. Daar is ʼn sterk polisieteenwoordigheid wat die brande geblus het. Hulle hou die situasie fyn dop,” het die fotograaf gesê.

Die polisie het vroeër ʼn groep kinders, wat in skoolklere was, uitmekaar verjaag en hulle beveel om skool toe te gaan. Volgens die fotograaf het kinders wat nié skoolklere gedra het nie, die bande aan die brand gesteek.

Gewelddadige betogings heers nou al vir die afgelope week by Bekkersdal, weens inwoners wat oor beter dienslewering betoog. Die betogings het skoolgaande kinders erg geraak.

'n Polisiebeampte blus 'n vuur. Foto: Werner Beukes / SAPA

‘n Polisiebeampte blus ‘n vuur. Foto: Werner Beukes / SAPA

Die provinsiale departement van onderwys het verlede week aangekondig hy het spesiale residensiële kampe buite die gebied opgestel om matrikulante te help met hul matriekeksamen wat Maandag afgeskop het.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Alida Engelbrecht ·

Hierdie kinders volg net die voorbeeld van hul ouers na. Ongelukkig is lyfstraf nou n kriminele oortreding, anders kon n mens hulle met n sambok uiteen gejaag het !!

Alida Engelbrecht ·

Hierdie kinders volg net die voorbeeld wat hul ouers stel na. Dis jammer dat lyfstraf nou verbode is, anders sou n sambok of twee baie effektief gewees het om hulle uiteen te jaag !

H J Bester ·

Is ons enigsins verbaas dat jong kinders ook “geweldadig” betoog ? Hulle sien dit immers gereeld by die volwasenes en doen dit bloot maar net na,

Die ganse tendens is nietemin sorgwekkend en kan mens bykans beweer dat ons besig is om ‘n betogende-generasie te kweek. Hoe gaan sake oor 10 of 20 jaar daar uitsien ?

Meisie ·

Dit is vreesaanjaend om te dink dat ons land se toekoms in hul hande is!!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.