Foto’s: Kaapstadse internasionale vlieërfees

Foto: Nardus Engelbrecht, SAPA

Foto: Nardus Engelbrecht, SAPA

Foto’s volg onderaan die berig. Afrika se grootste vlieërfees, die jaarlikse Kaapstadse Internasionale Vlieërfees, is die afgelope naweek in Muizenberg aangebied.

“New Horizons” was die tema van vanjaar se vlieërfees, wat aangebied is deur Cape Mental Health. Al die winste het na dié organisasie gegaan.

Dié jaarlikse vlieërfees lok talentvolle makers en vlieërs van vlieërs van regoor die wêreld. David en Susan Gomberg van Amerika, twee van die mees berese vlieërs ter wêreld; Sheri Muraya en Nadia Kimani, organiseerders van Kenia se vlieërfees; Karl en Sara Longbottom van Engeland, bekend vir hulle “vlieënde onderbroeke” en Maarten en Tjitske van Hienen (Nederland), wat in laslappie-vlieërs spesialiseer, het feesgangers vanjaar vermaak.

Feesgangers het ook toertjievlieëry, Rokakkau-vlieërgevegte en ’n spanvertoning met Revolution-vlieërs gesien.

Die fees het werkswinkels oor die maak van swaeltjie- en sleë-vlieërs (vir volwassenes en kinders) ingesluit.

Cape Mental Health is Suid-Afrika se oudste geestesgesondheidsorganisasie wat vanjaar hulle 100ste bestaansjaar vier. Dié organisasie verskaf geestesgesondheidsdienste aan volwassenes en kinders in agtergeblewe gemeenskappe in die Wes-Kaap.
Klik telkens op die foto om ‘n groter weergawe daarvan te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.