Foto’s: Kampsbaai-huis te koop vir R300 miljoen

ʼn Herehuis in Kampsbaai, Kaapstad, is tans op die mark vir R300 miljoen.

Indien dié prys behaal word, sal dit alle vorige huispryse in die gebied oortref. Die huis word glo as die wêreld se “glansrykste” eiendom beskryf, berig die Cape Argus.

Die huis, met sy uitsig oor die Atlantiese Oseaan, Lion’s Head en die Twaalf Apostels, het vier banketgrootte onthaalsale, drie en suite slaapkamers en ʼn hoofslaapkamer. Daar is ʼn masseerkamer, ʼn gimnasium, ʼn sauna, ʼn 80m² 3D-rolprentkamer, ʼn instap-yskas, motorhuise vir ses voertuie en ʼn swembad.

Bykans alles in die huis kan met ʼn iPad beheer word en die klank- en videosisteem is “onoortreflik in Suid-Afrika”. Daar is ook ʼn 250m² tuinhuis met sy eie wintertuin, ʼn teehuis en ʼn eenslaapkamerhuisie vir personeel wat weggesteek is in die tuin.

Die huis is ook teen R155 000 per dag te huur. Die konstruksiemaatskappy Glo Projects het glo drie jaar spandeer om die projek af te handel.

Klik hier vir ‘n video van die huis.

[nggallery id=71]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.