Foto’s: Kar ry by heuwel af, tref keerwal

Twee mense het Sondag ʼn noue ontkoming gehad nadat hul voertuig by ʼn steil heuwel af gery en teen ʼn keerwal tot stilstand gekom het.

Die ongeluk het in Palmview-rylaan in Phoenix, KwaZulu-Natal, plaasgevind. “Die bestuurder van ‘n Audi TT het beheer oor die voertuig verloor waarna hy teen die steilte afgery het. Die voertuig het teen ʼn keerwal tot stilstand gekom, en net-net ʼn groot boom gemis,” het Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare911, gesê. “Die bestuurder en sy passasier het ernstige beserings opgedoen. Hulle is op die toneel gestabiliseer en na ʼn plaaslike hospitaal geneem vir verdere behandeling.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.