Foto’s: Kerkgebou brand ná weerlig dit tref

Foto’s: OFM

ʼn Kerkgebou en skool in Noordwes het Vrydagaand groot skade opgedoen nadat dit glo deur weerlig getref is.

OFM berig brandskade van honderde duisende rande is aangerig aan die Spirit Word Ministries se kerk- en skoolgeboue in Stilfontein.

Die brand het Vrydagaand omstreeks 19:00 uitgebreek en skade aan ‘n rekenaarkamer, klankkamer en ateljee aangerig.

Belinda Els van Spirit Word Ministries sê ‘n groep tieners, wat ‘n vergadering by die skool bygewoon het, het gaan ondersoek instel nadat hulle rook geruik het.

“Hulle het die brand met brandblussers probeer blus, maar dit was tevergeefs,” het sy gesê. Die brandweer is ontbied en het die brand geblus.

;

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.