Vyf mense is dood en talle beseer nadat ʼn swaarvoertuig Maandagoggend in spitsverkeer op die noordelike baan van die N1-snelweg in Roodepoort teen sowat 26 motors gebots het.
Volgens Santi Steinmann, ʼn woordvoeder van Netcare 911, het die voorval naby die 14de laan-afrit plaasgevind. “ʼn Voertuig het omgeslaan en in die suidelike baan beland, wat verkeer in beide rigtings erg beïnvloed.” Die hoofweg is tans in die omgewing vir verkeer gesluit. Nooddienspersoneel is nog op die toneel om die beseerdes te behandel.
Verkeersowerhede het motoriste gewaarsku om van alternatiewe roetes gebruik te maak en toe te gee aan noodvoertuie.
Lees die opvolgberig hier:
Slegs een slagoffer in JHB gru-botsing