Foto’s: Kontinente van vandag af met tonnel verbind

Treintonnel 1Europa en Asië sal vandag af formeel met ‘n tonnel verbind wees, wanneer ‘n treintonnel onderdeur die Bosporus geopen word.

Dié tonnel, wat Marmaray heet, verbind Europese Turkye met Asiatiese Turkye. Die naam is ‘n kombinasie van die See van Marmara net suid van die tonnel, en “ray”, die Turkse woord vir spoor.

Treine wat deur die tonnel loop, sal ‘n miljoen passasiers per dag kan vervoer, en ‘n gedeeltelike oplossing bied vir Istanboel se verkeersprobleme.Treintonnel 2

Die tonnel is 13.6 kilometer lank, waarvan 1,4 kilometer onder die seestraat self loop, en is op 62 meter diep die diepste tonnel van sy soort ter wêreld. Die deel onder die seestraat bestaan uit ‘n aardbewingbestande buis wat uit verskeie dele saamgestel is. Die stukke is deur die water laat sak, en begrawe en gelas. Turkye word gereeld deur kragtige aardbewings geskud.  

Dit is deur ‘n gesamentlike Turkse en Japannese projek gebou, en regeringsleiers van beide lande woon die openingeverrigtinge by.Treintonnel 3

Die bouwerk het reeds in 2004 begin, en sou in 2009 in bedryf gestel gewees het, maar die bouwerk is erg opgehou toe argeologiese oorblyfsels uit die Bisantynse era ontdek is. Daar is reeds twee brûe oor die Bosporus, en ‘n derde word beplan. ‘n Tonnel vir motorverkeer word ook beplan.treintonnel 4

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

justi ·

Dis dalk n goeie ding? Maroela waarom moet ek elke keer as ek wil kommentaar lewer my naam en e-pos adres gee? Ag nee man mens doen dit een keer en dan is dit mos klaar? Jinne elke keer? Gonnas dan los ek eerder die kommentaar.

Kobus ·

Dagsê Justi, gaan op die navigasie hierbo na Groot Debat > Registreer.

Gunter ·

Ek sou graag ‘n dokumentêr oor die konstruksie van hierdie tonnel wou sien.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.