Foto’s: Koue veroorsaak wanorde op die paaie

Swaar reën- en sneeuneerslae het wanorde op die paaie in verskeie dele van die land veroorsaak.

Ashraf Ismail, woordvoerder van die Padverkeersbestuurskorporasie, het gesê drie mense is dood en twee beseer in ‘n ongeluk op die N6 tussen Jamestown en Queenstown, berig OFM. Vier mense is dood in ‘n ongeluk op die R30 naby Welkom, vier mense in die Oos-Kaap, en ‘n soektog is in die Wes-Kaap van stapel gestuur vir ‘n ambulans wat in die slegte weer vermis geraak het. Reddingswerkers is ook ontbied na Drie Susters waar ‘n bus, met sowat 60 passasiers, in die sneeu vasgeval het.

Jaco Coetzee is een van die honderde motoriste wat naby Drie Susters in hul motors in die sneeu vasgekeer was. Hier is van die foto’s wat hy ingestuur het. Klik hier om na ‘n onderhoud te luister wat hy met OFM gehad het.

[nggallery id=47]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.