Foto’s: kykNet Fiëstas: Sterre skitter by ‘SA-Oscars’

Wessel Pretorius. Foto’s: Phillip Bruwer

Wessel Pretorius, ‘n nuwelinge in die vermaakliheidsbedryf, het Donderdagaand skoonskip gemaak by die 2012 kykNet Fiëstas en met vier toekennings weggestap.

Wessel het vier van die sewe kategorie waarin hy en produksie, Ont, genomineer was, gewen. Hy is gekroon as die beste opkomenede kunstenaar asook beste beste akteur. Die veteraanakteur Sandra Prinsloo is as die beste aktrise aangewys met haar produksie, Oskar en die pienk tannie, wat ‘n bykomende twee toekennings ontvang het.

Die Absa KKNK is as die gewildste kunstefees aangewys. Die ander mededingers in dié kategorie was Innibos, Renosterhoringfees en Vryfees.

Tussen die vreugde het die organiseerders ook seker gemaak dat vele kunstenaars wat in 2012 en 2013 gesterf het, soos onder andere Zak van Niekerk, Christa Steyn, en Mandy Rossouw vereer word.

Lewende legendes is ook vereer. Arthol Fugard het ‘n Lewensbydrae vir Teater gekry, May Abrahamse het ‘n Lewensbydrae in Musiek en PG du Plessis het ‘n Lewensbydrae vir Woordkuns ontvang. PG het tydens sy toespraak gesê hoewel tegnologie ou mense inhaal, is die mens se lus vir stories altyd daar, en dit gee hom hoop vir die kunste.

Hier volg die wenners: (Klik hier om te kyk teen wie hulle almal meegeding het)
Beste Akteur: Wessel Pretorius, Ont
Beste Aktrise: Sandra Prinsloo, Oskar en die pienk tannie
Beste Manlike Byspeler: Stian Bam, Babbel/Bos/Vrou vantevore
Beste Vroulike Byspeler: Karli Heine, Op Dees Aarde
Beste Regisseur: Lara Bey, Oskar en die pienk tannie
Teaterontwerp: Marthinus Basson, Op Dees Aarde
Beste Prestasie in ‘n Musiekgedrewe Produksie: Janine Neethling, Wierook en Mirre
Beste Musiekproduksie: Basil Apolis, ‘n Plekkie in die Son – Mitchells Plain se mense
Beste Solo-vertoning: Wessel Pretorius, Ont
Beste Nuwe Afrikaanse Opvoering: Wessel Pretorius, Ont
Beste Prestasie in Klassieke Musiek: Janine Neethling, Bridget Rennie-Salonen en Elizabeth Rennie-Furtner, Trio met ‘n Twist
Beste Prestasie in Dansteater of Fisieke Teater: Keepsake Minus 3
Beste Prestasie in Visuele Kuns: Katie Barnard du Toit, Vrees en Verlies
Beste Aanbieding: Lara Bye, Oskar en die pienk tannie
Beste Opkomende Kunstenaar: Wessel Pretorius, Ont
Gewildste Fiësta-aanbieder: André van der Merwe

[nggallery id=111]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.