Foto’s: Lego-uitstalling slaan die asem weg

Die kunstenaar Nathan Sawaya by een van sy kunswerke

Foto’s van die uitstalling volg onderaan die berig. Nathan Sawaya se uitstalling, “The Art of the Brick”, wat in sy geheel met Lego-blokkies gebou is, is moontlik die ingewikkeldste Lego-bouwerk nog.

Sawaya reis wêreldwyd met sy versameling en het hierdie week die uitstalling in New York geopen. Dit is tot 5 Januarie 2014 by die Discovery Times Square te sien.

Sy bekendste werk, “Yellow”, is ‘n lewensgrootte beeldhouwerk van ‘n man wat sy bors oopskeur, met geel Lego-blokkies wat uitval. Die New Yorker erken dat meeste van sy stukke ‘n weerspieëling van homself is. “Hierdie werke is baie persoonlik, aangesien dit my groei as kunstenaar uitbeeld terwyl ek daarna streef om my kreatiewe identiteit te ontdek,” het hy gesê.
[nggallery id=135]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.