Foto’s: Ligte vliegtuig doen noodlanding in JHB

Foto deur @ER24EMS op Twitter gelaai

Foto’s volg onderaan die berig

‘n Vlieënier het Sondagoggend ‘n noue ontkoming gehad toe sy ligte vliegtuig in Midrand, Johannesburg, aan die brand geslaan het.

Die brand is deur enjinprobleme veroorsaak en die vlieënier is gedwing om ‘n noodlanding op die hoek van Douglas- en Donovanweg in Glen Austin, Midrand, uit te voer. “Die voorkant van die vliegtuig het steeds gebrand toe paramedici opgedaag het,” het Vanessa Jackson, woordvoerder van ER24, gesê. “Die vlieënier, ‘n man in sy 40s, het daar naby met ‘n brandblusser in sy hand gestaan.” Die vlieënier is nie beseer nie.

Die burgerlike lugvaartowerheid sal die oorsaak van die ongeluk ondersoek.

Foto: Netcare 911

Foto: Netcare 911

Foto: Netcare 911

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.