Foto’s: Lochner de Kock se nuwe (ou) speelplek

Foto’s: Phillip Bruwer

ʼn Lekker atmosfeer, bekendes, heerlike kos en wyne by dosyne was op die spyskaart by die opening van Lochner de Kock, bekende sanger, akteur en koskenner, se trots Afrikaanse kuiergat, Die Vel en Horing.

Die Vel en Horing het verlede Vrydag sy deure in Melville, Johannesburg, oopgemaak. Die snoesige atmosfeer laat jou terugverlang na ouma se boerekombuis met houttafels, blikbekers, en die reuk van heerlike boerekos.

Maroela Media het skouers geskuur met bekendes soos Brümilda van Rensburg, Richard van der Westhuizen, Jannie du Toit en die pragtige Christina Storm, en almal het met ʼn tikkie nostalgie die nuwe kuierplek verwelkom.

Die gasvrye gasheer, Lochner, het in sy openingstoespraak gesê dit gaan ’n bymekaarkomplek wees van kos, Afrikaanse musiek en lekker drinkgoed, soos mampoer en boeretroos.

Frikadelle, bobotie, boontjiebredie, sop, brood, waterblommetjies en afval is van die lekker disse waarna besoekers kan uitsien. Lochner, wat bekend is vir sy kreatiewe kosidees, sê hy sal self ook by tye in die kombuis werskaf om ’n spesiale ete van die dag op te dis.

Almal wou weet waar Lochner aan die naam van die kuierplek gekom het… “Daar was ʼn dekade terug ook ’n Vel en Horing in die Mixer-gebou in Johannesburg. Dit het so goed gegaan, ’n mens kon nie plek daarbinne kry nie. Dit het my egter té besig gehou en ek moes dit later toemaak,” het hy gesê.

Besoek gerus die kuierplek in 7de Straat, Melville. Dit is deel van die Nuno’s-restaurant en is daagliks oop van 12:00.

[nggallery id=110]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Judi Muller ·

Het resep by Lochner gekry by Kalfie fees in Onrus Rivier Aug 2012 wat hy vir gehoor gedemonstreer het – iets met sagte wit kaas, en vrugte en neute wat in ‘n bak gegooi word (soos ‘n mould) en dan op broodbord omgekeer word – ek het die resep verloor en wil dit bitter graag vir my 58e verjaardag voorsit einde Feb.
Kan julle Lochner se epos adres of kontaknr vir my so gou moontlik stuur GROOT ASSEBLIEF? Ek het sy naam op Google ingesit en op jul interessante webtuiste afgekom. Sal dit regtig baie waardeer.

Toevallig is ek ook lid van Medihelp en Voorsitter van Alberton tak – Solidariteit Helpende Hand.
vriendelike groete
Judi

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.