Foto’s: Lonmin-geweld duur voort

Foto: Taurai Maduna, EWN

Die polisie het Donderdag met rubberkoeëls, traangas en verdowingsgranate op betogers by Lonmin se myn in Marikana losgebrand.

Ten minste vyf liggame het op die grond gelê en dit het geblyk of dié persone reeds dood is, berig EWN. Sommige van die betogers het glo met lewendige ammunisie op die polisie geskiet. Beamptes het gesê hulle het probeer om met die betogers te onderhandel, en hul wapens te oorhandig, maar hulle het geweier. Dit is moeilik om te sê waarom geweld weer onder die betogers uitgebreek het. Die polisie het nou die gebied afgebaken. Betogers het intussen teruggetrek en dosyne pantservoertuie van die polisie omring die gebied.

Die National Union of Mineworkers (NUM) beweer hulle is die grootste unie by dié platinummyn. Sowat 3 000 van Lonmin se rotsbooroperateurs het Vrydag met ’n onbeskermde staking begin wat oor die naweek gewelddadig geraak het. Die geweld word toegeskryf aan ʼn twis tussen die National Union of Mineworkers (NUM) en die nuwe vakbond AMCU. Tot soveel as 18 mense, waaronder twee polisiebeamptes het reeds in die gewelddadige aksie gesterf.

‘n Groep vroue, gewapen met knopkieries, het ook intussen by die betogers aangesluit, berig Beeld. “Ons het by ons mans aangesluit in hul poging om ‘n menswaardige loon te verdien. Ons kan hierdie ding nie meer verduur nie,” het Maria Nku, ‘n vrou van een van die stakende mynwerkers, gesê.

Hier volg foto’s van die betogers, klik hier om ‘n video te sien.
Waarskuwing: Van die foto’s bevat grafiese materiaal

[nggallery id=62]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.