Foto’s volg onderaan die berig. Die M1-noord in Johannesburg net voor die Grayston-afrit is Vrydag gesluit nadat ‘n voertuig aan die brand geslaan het.
EWN Traffic het op Twitter bevestig dat daar reeds van Glenhove-afrit ‘n geweldige verkeersknoop op die snelweg is. Dit is nog nie duidelik waarom die motor aan die brand geslaan het nie.
Motoriste word aangeraai om van alternatiewe roetes gebruik te maak.