Foto’s: Ma-hond red kleintjies uit brandende huis

Brandbestryders in Temuco, Chili was stomgeslaan nadat ʼn ma-hond haar kleintjies uit ‘n brandende huis gered het.

Die Huffington Post berig dat die teef haar 10 dae oue kleintjies uit die brandende huis gered het terwyl brandbestryders gepoog het om die eienaar van huis uit die vlamme te red. Omar Torres, die eienaar, het brandwonde opgedoen en is en ʼn hospitaal vervoer vir verdere behandeling. Die ma-hond het haar kleintjies een vir een na die brandweerwa gedra waar sy later saam met hulle gelê het. Een van die kleintjies is later aan sy brandwonde dood.

[nggallery id=59]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.